+ - =
Sign in with Facebook
Blaq Pearl

Music Player


Video Player


Fan Club


Digter en rapper

jong talent

 

BLAQ PEARL

Digter en rapper

 

As 10-jarige het sy op ’n koffietafel gestaan en sing,
op 12 haar eerste gedig geskryf en nou is sy bekend
as die gesofistikeerde ghettokunstenaar Blaq Pearl.

 
DEUR cherice smith

 

Haar naam is eintlik Janine van Rooy en sy het in
Mitchells Plein op die Kaapse Vlakte grootgeword.
Vandag is die 30-jarige Blaq Pearl wêreldbekend as die
klein kaalkopstorieverteller met die groot stem.
“Ek was in 2000 deel van ’n hip-hop-groep saam met
my ouer broer, Mario. Sy verhoognaam was Mr Devious
en ek wou ook ’n verhoognaam hê. Ek het net geweet
dit moet Blaq Pearl wees. Dit was deel van my sociopolitical
status: Ek was nie swart of wit genoeg nie. Ek
identifiseer myself as Khoisan en die Q in my naam
simboliseer die kliek-klank.” Sy klap haar tong teen
haar tande, maak die klank en lag dan spontaan.
Blaq Pearl het haar uniekheid van jongs af omhels.
“Ek het anders aangetrek, verskillende haarstyle gehad
en in 2003 my hare afgeskeer.”
Opvoeding was nogal altyd vir haar belangrik. Sy het
’n BA-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf
en in 2004 met haar honneursgraad in sielkunde
begin. Weens Mario se dood het sy dit nie voltooi nie.
“Hy’s vermoor en ek’s daarna met depressie gediagnoseer. Ons was baie close. Hy het ’n groot invloed op my musiek gehad,” vertel sy met groot emosie.

“Dit het gevoel asof daar ’n gat in my hart is. Deel van my healing was om te skryf oor alles – poetry. Ek het daarna net vorentoe gekyk.”

“My musiekstyl is ’n kombinasie van hip-hop, soul,
afro-jazz, R&B en rock. Hulle noem my deesdae ’n rapper
ook,” spot sy.

Haar debuutalbum, Against All Odds, is in September 2011 uitgereik. “Ek het drie jaar daaraan gewerk en self daarvoor betaal. Dit moes goeie gehalte van die Kaapse Vlakte wees. Dis ’n groot hoogtepunt.” Sy’s ’n perfeksionis en beplan alles.

“Ek wil my eie klerereeks en parfuum hê, nóg musiek maak en my eie platemaatskappy begin.” Maar vir eers is sy gelukkig met wat sy tot dusver bereik het en is boonop dolverlief. “Ek was einde Oktober verlede jaar vir drie dae in Berlyn en het iemand ontmoet – daar was net ’n spark! Ons het baie gemeen, hy’s ook ’n kunstenaar en skrywer.”
Meer wil sy nie verklap nie, maar sy giggel soos ’n tiener.

Vir meer inligting oor Blaq Pearl
besoek www.blaqpearl.co.za.

Find BlaQ Pearl on Facebook
Follow blaqpearl_ZA